Bybelstudies

Israel in die Einde van Dae
In hierdie inleidende Bybelstudie reeks van vier dele gaan ons deur die Skrif gaan en in oorsig na Israel se rol in die Einde van Dae kyk.

Soek die Here met Ywer
In hierdie Bybel studie reeks van vier dele gaan ons deur die Skrif gaan en ondersoek wat dit beteken om die Here te soek met ywer. Die doel is om ons harte inlyn te bring met Jesus se hart, soos Sy begeerte na ons is dat ons begeerte ook na Hom sal wees. Dit is ook belangrik om nie net ‘n passie vir Jesus se teenwoordigheid te hê nie, maar ook te leer hoe om dit te behou vir die res van jou lewe.

Die Profetiese Woord vir die Kerk
Die Here het ‘n plan vir die Eindtyd Kerk, dit gaan die heerlikste tyd vir die Kerk wees, maar dit gaan ook die moeilikste tyd wees. Die Here het ons vooraf gewaarsku sodat ons standvastig kan wees wanneer die grootste wêreld wye krisis kom.

Studies in Joël
Die Boek van die Profeet Joël is belangrik vir die voorbereiding van die Eindtyd Bruid. Dit is ook ‘n handleiding vir herlewing.

Studies in Haggai
Die Boek van die Profeet Haggai is klein, maar moet nie die boodskap onderskat nie. Die herbou van die Huis van God en die groter heerlikheid wat kom is van die hoof temas in die boek van Haggai.