First Love Ministries

Fruitful from Intimacy

Soek die Here met Ywer - Heb. 11:6 Reeks

In hierdie Bybel studie reeks van vier dele gaan ons deur die Skrif gaan en ondersoek wat dit beteken om die Here te soek met ywer. Die doel is om ons harte inlyn te bring met Jesus se hart, soos Sy begeerte na ons is dat ons begeerte ook na Hom sal wees. Dit is ook belangrik om nie net ‘n passie vir Jesus se teenwoordigheid te hê nie, maar ook te leer hoe om dit te behou vir die res van jou lewe.

 

Ons tema Skrif sal Hebreeus 11:6 wees, ons gaan dit in vier dele apart ondersoek om ‘n dieper verstaan te kry en ook om ons fokus op Jesus te stel en Hom te soek met alles in ons.

Hebreeus 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

faith

Deel 1

geloof

In deel 1 kyk ons om bietjie meer te leer wat die Woord sê van “geloof”. Wat is geloof en hoekom is dit ‘n vereiste as ons God wil behaag.

Hy wat tot God gaan

Deel 2

gaan

In deel 2 ondersoek ons die vraag “hoe moet ons tot God gaan?”

Die Bybel is duidelik dat God die hoogmoedige weerstaan, maar aan die nederige gee Hy groot genade (Jak. 4:6).

Ons moet leer om die Here in Gees en in Waarheid te aanbid (Joh. 4:24).

Deel 3

beloner

In deel 3 ondersoek ons watse beloning die Here ons gee wanneer ons Hom soek.

Geestelike ervarings met Jesus is een tipe beloning wat die Here gee.

Daar is baie ander seëninge waarmee die Here Sy kinders seën.

Soek die Here

Deel 4

soek

In deel 4 ontdek ons ‘n dieper betekenis van wat dit is om die Here te soek. Die uitdagings wat ons beleef in ons daaglikse soeke na die Here en hoe ons hierdie uitdagings kan oorkom.

Die Here is getrou en Sy belofte is ons erfporsie in Jesus Christus.