Studies in die boek van Joël

In hierdie inleidende Bybel studie reeks van vier dele gaan ons deur die boek van Joël. Ons studeer die boek met die oog op die voorbereiding van die Bruid en die groot gebeure van die laaste dae waarvan die Here ons gewaarsku het.

Ons wil gereed wees, waaksaam en biddend. Die profeet Joël het nog baie om vir ons te sê as ons net bereid sal wees om te luister.

En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

Studies in die Boek van Joël

Die Profeet Joël: Inleiding

Deel 1

Ons kyk na die agtergrond van die boek, wanneer, wie en wat. Hoofstuk een word vers vir vers ondersoek en die boodskap is nog meer relevant vandag as wat dit was 2640 jaar gelede.

Studies in die Boek van Joël

Die Profeet Joël: Die Hart van die Saak

Deel 2

Daar is ‘n groot krisis wat oppad was na Israel toe, maar tenspyte van die groot gevaar en die sonde van die volk, roep die Here dat hulle tot Hom moet bekeer met hul hele hart.

Joël 2:14 sê so mooi “wie weet miskien sal die Here berou van die onheil”.

Joël gee vir ons die oplossing te midde van die krisis.

Studies in die Boek van Joël

Die Profeet Joël: Die Groot Oorlog

Deel 3

Joël profeteer van die oorlog wat alle oorloë sal eindig. Dit is ‘n lokval van die almagtige waarin al die vyandige nasies ingevang gaan word.

Ons leef nou in die dae voor hierdie groot oorlog, die dae van die herstel van Israel en die Kerk, maar ook die van groot haat teen Israel en die Kerk.

Studies in die Boek van Joël

Die Profeet Joël: Die Bruilof van die Lam

Deel 4

Die laaste paar verse van Joël vertel hy van die groot bruilof van die Lam, die Fees van alle eeue.

Strome van lewende waters vloei uit die troon van God, dit klink baie soos die Heilige Gees, of is daar meer?

Support the ministry