In hierdie inleidende Bybel studie reeks van vier dele gaan ons deur die Skrif gaan en in oorsig na Israel se rol in die Einde van Dae kyk.
Vir die Kerk om haar roeping te vervul moet ons ‘n basiese verstaan hê van God se plan met die nasie van Israel. Die Here het dit so bestem dat die stad Jerusalem en die volk Israel ‘n groot struikelblok sal wees in die Laaste Dae vir al die nasies, maar ook vir die onkundige Kerk.
Luister gerus en ek sien uit om enige vrae of kommentaar te ontvang.
Inleiding: Israel in die Einde van Dae – Deel 1
Sessie 1
Henru verduidelik wat is die Einde van Dae volgens die Bybel.
‘n Kort oorsig van Israel se geskiedenis oor die laaste 2000 jaar in die lig van die Here se plan en doel met Israel.
Kan ons die tekens van die Tye sien wat nou duideliker en groter word as nog ooit?
Wat moet ons doen in hierdie laaste dae, luister gerus en vind uit.
Inleiding: Israel in die Einde van Dae – Deel 2
Sessie 2 – 3
Henru verduidelik uit die Skrif dat die herbou van die tempel in Jerusalem ‘n belangrike onderwerp in die herstel van Israel is.
Die groot oorlog tussen Israel en die nasies rondom hulle. Wie is moontlik Gog van Esegiël 38 en die Antichris volgens die Ou Testament.
Is daar ‘n wegraping voor of na die verdrukking?
Sessie 2
Sessie 3
Inleiding: Israel in die Einde van Dae – Deel 3
Sessie 4 – 5
Die Bybel praat van ‘n groot oes in die Einde van Dae. Is daar werklik ‘n herlewing geprofeteer onder die nasies en in Israel?
Is daar nog ‘n groter uitstorting van die Heilige Gees volgens die Bybel wat ons kan verwag en wat sal die omstandighede wees op aarde?
Sessie 4
Sessie 5