Fondasie Reeks

Wie is Ek Nou?

Valse leringe soos Israel Visie, die Twee Huis Lering, ook bekend as die tien verlore stamme, is gemik op identiteit en roeping.

Leringe wat vleeslike identiteit meer prioriteit en van belang maak as geestelike is valse leringe.

Geestelike Identiteit

Ek lê die fondasie in hierdie episode: Die natuur van die mens soos ontvang na die sondeval, die groot krisis, die dood van self en wedergeboorte.

Hierdie beginsels moet verstaan word om ons geestelike identiteit te begryp. Dit is net in oorsig aangeraak en geensins raak ek aan die dieper aspekte van ons “Identiteit in Yeshua” nie.