First Love Ministries

Fruitful from Intimacy

Studies in die Boek van Haggai

Die Boek van die Profeet Haggai is klein, maar moet nie die boodskap onderskat nie. Die herbou van die Huis van God en die groter heerlikheid wat kom is van die hoof temas in die boek van Haggai.

 

In die begin 2021 toe ek Haggai hoofstuk 1 lees het die Here vir my gesê: “Bou My Huis”! In gehoorsaamheid aan die Here het ek Haggai meer spesifiek begin studeer om by die Here uit te vind hoe ek Sy Huis moet bou en hoe hierdie Huis moet lyk.

Haggai 2:9 Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.

Second-temple

Haggai: Inleding Deel 1-2

Waar pas die Profeet Haggai in die geskiedenis van Israel? Ons kyk eerste na die agtergrond van voor die verwoesting van Salomo se tempel tot na die Babiloniese balingskap.

Die Heilige Gees is besig om vandag dieselfde boodskap wat die Profeet Haggai gegee het ook vir ons generasie te gee.

Dit is NOU TYD om die Huis van die Here te bou.

Deel 1

Deel 2

Second-temple

Haggai: Die Komende Groter Heerlikheid

Daar is ‘n Groter Heerlikheid geprofeteer deur Haggai, het die Heerlikheid al gekom in sy volheid of is daar nog iets meer vir ons om te verwag?

Daar is baie duidelik deur die Heilige Gees ‘n beweging oor die wêreld om die Liggaam van Christus gereed te maak om die volheid van die Groter Heerlikheid te ontvang.

Die TYD IS NOU!