In 2021 het Pieter en Juanita van Die Getuienis by ons kom kuier in Vredefort. Ons het ‘n lekker middagete geniet en daarna het hulle ‘n opname gemaak van my getuienis.
Die video was uitgesaai op hul Youtube kanaal en ook oor Kruiskyk. Ek het oproepe en boodskappe ontvang van mense wat aangeraak en bemoedig was deur my getuienis.
Dit is vir die opbouing van die Liggaam van Christus in liefde en om baie terug te roep na hul Eerste Liefde dat ons hierdie boodskap hardop met almal wil deel.
Dit is nou tyd, die oes is ryp maar die arbeiders min. Kom en slaan jou sikkel in en oes saam met ons. Maranatha – Kom Here Jesus.