Description
Eerste Liefde vertel die verhaal van Henru en Yolanie Pieters se reis deur die Hebreeuse Wortels beweging. Henru het daarin betrokke geraak, ‘n leraar geword en ses en ‘n half jaar later ‘n Damaskus-weg belewenis gehad. Hulle het vriende Yeshua sien verloën en was self sterk oppad na Ortodokse Judaïsme alvorens die Heilige Gees hulle teruggeroep het uit godsdiens na ‘n intieme verhouding met hulle Bruidegom-Koning. As jy vrae het oor Israel en die kerk, die Torah, Feeste van die Here en die Hebreeuse Taal, mag jy antwoorde hierin vind.
- In deel een vertel Henru van sy jare in die kerk asook hy en Yolanie se jare in die Hebreeuse Wortels beweging.
- In deel twee beskryf hy die uitdagings wat hulle ondervind het op die reis terug na die Tuin van Intimiteit.
- Deel drie handel oor die hart van die saak, ons Eerste Liefde hart vir Christus Jesus, Yeshua – ons Geliefde.
Hulle glo dit is ‘n boodskap uit die Vader se hart vir nou en ook een wat die kerk staande gaan hou in die Laaste Dae.
Reviews
There are no reviews yet.